Waarom het ek ‘n webblad nodig?

Het ek ‘n webwerf nodig?  Waarom het ek ‘n webwerf nodig? Moet ek aktief wees op sosiale media?

Hierdie vrae het slegs een antwoord in die era van digitale media en die internet as besigheidsplatform:  As jy ‘n besigheid het, het jy ‘n webwerf nodig.

Clickativity Webwerf-ontwikkeling in Afrikaans

Clickativity Webwerfontwerp

Geen besigheid kan meer bekostig om nie staat te maak op die voordele wat die internet en sosiale media bied nie.

Sukses in ‘n baie kompeterende sake omgewing hang eerstens af van óf en hoe jy raakgesien word. Tweedens moet mense jou besigheid onthou. Die krag van jou handelsmerk en korporatiewe identiteit kan nooit onderskat word nie.  Dit moet optimaal ontwikkel en benut word. Laasgenoemde kan ‘n besigheid net doen deur sigbaar en teenwoordig te wees.  Jy moet uitstaan op al die belangrikste internet en sosiale media instansies.

Jou aanlynteenwoordigheid begin by ‘n webwerf.

Daarna gebruik mens dan die sosiale mediawerwe om meer verkeer na jou webwerf te stuur. Sosiale media is ook daar om jou aanlynteenwoordigheid te vergroot.  Dit is ‘n uitstekende manier om met jou volgelinge kontak te maak en te kommunikeer. Gebruik dit om belangstelling te skep en ‘n lojale ondersteunersbasis daar te stel.  Eerste indrukke is blywend en jou webwerf is in baie gevalle die eerste kennismaking wat jou kliënte en potensiële kliënte met jou besigheid gaan hê.  Dit is  jou enigste kans om ‘n eerste indruk te maak!

Eerste indrukke van mense word gevorm deur dinge soos die klere wat jy  aantrek en die netheid en professionaliteit van jou algemene voorkoms.  So ook word jou besigheid beoordeel volgens die beeld wat jy in mense se gedagtes vorm.  Jy wil hê mense moet van jou maatskappy se beeld en identiteit hou.  Boonop wil jy ‘n indruk maak wat in mense se geheues vassteek. Hulle moet weer terugkom na jou toe. Dis ook belangrik dat jou belangrike inligting maklik opgespoor kan word. Veral jou adres en kontakbesonderhede. Clativity Webwerf-ontwikkeling Afrikaans

 85% van mense wat ‘n diens of unieke produk soek, gaan soek eerste op die internet!

Dit is volgens Google Statistieke!

93% van alle internetbedrywighede begin by ‘n soekenjin.

Lees meer daaroor hier.

Hierdie konsep word net al hoe makliker deesdae!  Veral met die verhoogde toegang wat slimfone bied tot soekenjins soos Google, Yahoo en Bing. Besighede se webwerwe is letterlik in ons hemp- of handsakke.  As jy bv ‘n bouer soek om aan te bou by jou huis, waar kyk jy eerste?  Jou geyser bars en moet vervang word? Jy wonder of ‘n sonkraggeyser die antwoord is, maar jy moet meer gaan lees daaroor. Of as jou kar breek langs die pad en dringend ingesleep moet word?  As jy ‘n nuwe rekenaar wil koop en jy wil navorsing doen oor wat die beste vir jou behoeftes gaan wees?

Die realiteit is dat 85% van mense, in Suid-Afrika, eerste op die internet gaan soek.  So vra jouself af, kan jy bekostig om nie daar te wees nie?  Kan jy bekostig dat mense nie jou webwerf kry nie omdat dit nie bestaan nie? Dat hulle wel jou kompetisie s’n kry?  Dat jy nie ‘n eerste indruk kan maak nie, want mense kan jou nie sien nie?

Webwerwe hoef nie duur te wees nie.  Dit behoort ook nooit meer werk te beteken vir die eienaar nie.

As eienaar hoef jy nie alles van Facebook en Twitter te weet nie.  Jy hoef nie tyd te bestee aan die beste maniere om jou dienste te adverteer nie. Jy hoef nie jou eie jou plasings te bewoord nie.  Dit vat ook tyd om “likes” en volgelinge te kry, maar jy hoef dit nie self te doen nie. Clickativity spesialiseer daarin! Ons kan dit alles vir jou doen!

Clickativity kan binne ‘n paar dae vir jou ‘n volledige identiteit skep.  Laat ons jou webwerf ontwerp en ontwikkel! Sorg dat jy ‘n teenwoordigheid bou op al die belangrikste sosiale media platforms.  Ons bestuur ook die webwerf en sosiale bladsye. Doen alle plasings, kompetisies, nuusbriewe, e-pos veldtogte en dies meer.  Clickativity bied ‘n volledige diens om al jou aanlynaktiwiteite te hanteer.  Laat Clickativity dit vir jou doen.  Ons sit jou op die kaart van die wêreldwye web.

Kontak ons vandag!

Leave a Comment

You must be logged in to post a comment.