Webwerf-ontwerp en ontwikkeling

Webwerf-ontwerp en ontwikkeling

Gestewel en gespoor vir die aanlynwêreld, met professionele webwerf-ontwerp en ontwikkeling.

Website Development Cape Town

 

webwerf-ontwerp en ontwikkeling.

 

 

 

 

Clickativity se ondervinding kom van 24 jaar se werk in bemarking en media. Ons is gebasseer in Suid-Afrika maar het ook in die internasionale markte van Dubai, Singapoer en Maleisië gewerk. Ons ondervinding word tans gebruik in ons webwerwe, sosiale bladsye, ontwerp en bemarking.  Clickativity deel graag ons kennis en vaardighede met ons kliënte want dit is die kern van ons besigheid. Behalwe vir webtuiste-ontwikkeling, spesialisee ons ook in:

Soekenjin optimalisering – SEO

Een van die belangrikste bemarkingsbeginsels vir enige besigheid is om bekend te wees. Jou kliëntebasis moet jou kan opspoor en die eerste indrukke wat jy maak gaan hulle bybly.  Maak seker jou aanlyn identiteit maak ‘n goeie en blywende indruk!
As jy ‘n besigheid het, het jou besigheid ‘n webwerf nodig. Daar is vandag net nie meer kortpaadjies rondom daardie idee nie. In vandag se digitale era is aanlynbemarking in baie gevalle die eerste kennismaking met jou diens en produkte.  Boonop verwag jou  kliënte dat jy ‘n webwerf moet hê waar hulle meer oor jou kan gaan lees.

Verder moet jou webwerf dan so hoog as moontlik sit in Google en ander soekenjins se soekresultate. Dit is slegs moontlik deur goeie soekenjin optimalisering (SEO).

Laasgenoemde is baie moeiliker as wat dit klink, en kan boonop baie tyd en geld verg maar dit hoef nie noodwendig nie. Jy hoef dit ook nie self te doen nie. Laat Clickativity dit vir jou doen!
Ons kan jou webwerf optimaliseer om gevind te word in soekenjins soos Google, Yahoo, Bing ens. SEO is meer as net sleutelwoorde, “Adwords” en “pay per click” of PPC. Inteendeel, ons gebruik die genoemdes maar ons het ook ander sisteme.  Daar is meer opsies wat net so goed werk as “Adwords” en PPC. Ons het die kennis, sagteware en vaardighede om vir jou die nodige soekenjinblootstelling te kry, teen die beste pryse.

Sosiale Media

As deel van jou besigheid se internet identiteit, is dit ook belangrik om sigbaar en aktief te wees op sosiale media.  Facebook is steeds die grootste van die sosiale media platforms, met 1.55 miljoen aktiewe gebruikers teen die einde van 2015.
Twitter is bekend daarvoor dat dit meer gewild is onder die jonger geslag en het tans 307 miljoen verbruikers.
Linked In, Instagram, Google + en Pinterest is ander belangrike portale wat baie groei toon.
Met sulke statistieke raak dit duidelik dat geen besigheid kan bekostig om nie gebruik te maak van hierdie media en sosiale platforms nie.  Dit is boonop ‘n gratis plek waar jy kan adverteer. As jou kompetisie daar is en jy nie gaan jy waardevolle blootstelling verloor en geen besigheid wil dit hê nie!  Ons kan jou help om die beste uit sosiale media te kry.  Kontak ons vandag vir ‘n gratis kwotasie.